Tuesday, November 08, 2005

POEMS / GEDIGTE

Ek het die volgende gedig geskryf nadat ek ’n berig in Die Burger gelees het oor die verwoesting wat deur die orkaan Katrina aangerig is in Amerika.

Dans met Katrina*

Toe ’n wolkvuis uit die see marsjeer
en om new orleans toemaak
volg sky en cnn se kameras
die vloedgolwe deur strate
van ’n voorwêreldse moeras.

Jy het begin plunder en verkrag
jou waardes tot die been ontbloot
want oral dra jy in jou saam
’n saad van haat en dood.

Gaan dit ooit tot jou deurdring
hoe ’n dringende boodskap ek aan jou wil bring?

Mensdom, gaan jy ooit leer om my te respekteer?

Ek is die groot gelykmaker –
Moedernatuur is my naam.

*’n Kategorie-vier-orkaan wat New Orleans, Louisiana, Mississippi en Alabama getref
en tot grootskaalse skade en lewensverlies gelei het.
Geïnspireer deur ’n artikel van Deon Lamprecht, Media24-verslaggewer in Amerika

© Selwyn Milborrow

0 Comments:

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home