Sunday, November 20, 2005

AFRIKAANSE GEDIGTE OP LITNET

Girl vannie flêtse
Geagte leser, dié geleentheid
bied hom slegs een keer in ‘n leeftyd… (Elisabeth Eybers)


ek onthou die kjoet meisiekind
mettie kiss me curls en krimpeliên rokkie.
ek siennit nog -
my hart wat mal ruk
toe ekkie girl vannie flêtse
op haar wêlwit wang soen.
ek’t haar laasweek oppie rênk gesien -
sy’t my nie herken nie
vir ‘n oomblik ek ôkkie
tot ek my disnis geloop het
innie memory van daai soen.
my hart ruk steeds mal
virrie girl vannie flêtse.

© Selwyn Milborrow

4 Comments:

At 5:55 am , Anonymous Anonymous said...

Jy varieër jou gedigte baie goed. Ek sien jy is 'n Eybers groupie! Ek geniet jou gedigte vreeslik baie. Do zoo voort! ENYA (Cape Town)

 
At 2:29 am , Anonymous Anonymous said...

Jou gedig "Girl vannie fletse" is cute geskryf. Is dit ware stories? Or is it based on the lives of people you know? Ronel aka Nella.

 
At 5:12 am , Anonymous Anonymous said...

ek hou van hierdie gedig, het jou stuff op litnet uitgecheck- die lovepoems pluk aan my hart. ek hou baie van die eenvoud waarmee jy skryf, soos die digkuns moet wees reken ek- geen pretensies nie. check gerus my website uit,
sal beslis hier inloer! :)

 
At 2:23 pm , Blogger Convenor said...

Maak 'n skakel na my blog:

www[dot]catholicheritage[dot]blogspot[dot]com

Dit is 'n Ierse webwerf gee inligting oor die Christelike erfenis.

Volg asseblief hierdie webwerf en sit dit op jou lys van webwerwe.

Ek wens dat God jou sal seën.

 

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home