Monday, March 27, 2006

PROFIEL: SELWYN MILBORROW



Selwyn Milborrow is in 1967 gebore en woon tans in Port Elizabeth, Nelson Mandelabaai, Suid Afrika. Sy eerste kortverhaal is deur die Bloemfonteinse Skrywersvereniging gepubliseer. Vanaf 1998 verskyn sy gedigte in Fanie Olivier se "As die son kom oogknip", "Spilpunt" en "Weaving the Fabric", 'n projek tussen Göteburg, Swede en Nelson Mandela Metropool, Port Elizabeth. Hy bied ook poësie werkswinkels aan by skole en doen gereeld voorlesings. Hy neem sedert 2003 deel aan die Woordfees van die Grahamstad Nasionale kunstefees. In 2005 is hy gekies om deel te neem aan die Sanlam/LitNet aanlyn-skryfskole se poësie afdeling. Selwyn beoefen ook skilderkuns (olieverfskilderye) en het bygedra tot 'n foto- uitstalling deur fotograaf Gregor Röhrig by die Grahamstad Nasionale Kunstefees 2005.
Selwyn is ook korrespondent vir die Afrikaanse dagblad Die Burger.

ELEGIE VIR 'N DIGTER: PATRICK PETERSEN

elegie vir ‘n digter
(vir Patrick Petersen 1951-1997)


ek is ‘n doodgewone ou
wie die reënboogkleure meng
en ‘n huldeblyk verf
nét vir jou

só swaar om protes en pyn
deur jou pen te voel vloei
tog was dit vir joú
ver verhewe bo vers en kwatryn

noú wil ek jou prentjie skilder
op die doek van die mensdom
wat nooit sal afskilfer

want ál onthou ek
die gehuil van ‘n pen
versteen in ‘n oomblik
toe bloed en metaal meng
weet ek ook jỳ
kon jou oë in vrede sluit
met jou laaste huistoery

٭Patrick Petersen was ‘n dominee, digter en uitgewer. Hy het in ‘n motorongeluk gesterf op 6 Junie 1997.

Wednesday, March 08, 2006

DANS MET KATRINA

dans met katrina٭
Gëinspireer deur ‘n artikel van Deon Lamprecht, Media24 verslaggewer in Amerika

toe 'n wolkvuis uit die see marsjeer
en om new orleans toemaak
volg sky en cnn se kameras
die vloedgolwe deur strate
van ‘n voorwêreldse moeras

jy het begin plunder en verkrag
jou waardes tot die been ontbloot
want oral dra jy in jou saam
‘n saad van haat en dood

gaan dit ooit tot jou deurdring
hoe ‘n dringende boodskap ek aan jou wil bring?

mensdom, gaan jy ooit leer om my te respekteer?

kyk, ek is die groot gelykmaker –
moedernatuur is my naam.

٭ ‘n Kategorie-vier-orkaan wat New Orleans, Louisiana, Mississippi en Alabama in 2005 getref en tot grootskaalse skade en lewensverlies gelei het.

Tuesday, March 07, 2006

BESLAN, 1 SEPTEMBER 2004

Beslan, 1 September 2004

met stram treë
keer hulle terug skool toe

vanuit nêrens
marsjeer skadus met musse
klaskamers binne

ma’s se liefdevolle omhelsings
word genadige grepe
en bang kinders
bewende riete…

die afdruk van terreur
skrikstil soos ‘n nagmerrie
diep in ons gegrafeer…

jare later
hoor ons steeds ‘n kreet –
wie sal hul dood wreek

mag ouer en kind
nóóit weer geoffer word
op ‘n skinkbord

Monday, March 06, 2006

LAASTE AAND

laaste aand

die volmaan
hang
aan ‘n vlieswolk
sterre vat-vat aan die dak

noudat jy eindelik slaap
maak jou borsie geluide wat
mens nie verstaan

‘n wolk halveer
die volmaan
elke oomblik ontbloot
‘n krom noot wat
aan en aan gaan –
maar selfs die maan
jaag nie ‘n wolk weg nie –
ter wille van jou
bly dit slaapswaar
soos ‘n winteroggend sonnetjie
in my leë venster
hang

HOME

home
(for the Timbila poets)

to me home is:

in the cry of orphans
in the spontaneous laughter of children
in the taste of sweat & tears
in the hunger pains of children
in the dried out breasts of mothers
in the smell of paraffin stoves
in the sticky loins of whores
in the noisy corners of taverns
in the riqouchet of a gangster’s bullet
in a hospitalbed after a taxi accident
in the smell of burning flesh
in the excitement of a toyi-toyi
in the smelly armpits of the homeless
in the politics of sports
in the kiss of dagga-darkened lips
in the stroke of nicotine-stained fingers
in the treatment of an action campaign
in the poverty that causes aids
in the curse of colonialism
in the vacant stare of a hijack victim
in the perfume of buchu
in the passion of lovemaking
in the aching of muscles after sex
in the smokey lounge of a jazz club
in the sermon of an evangelist
in the speech of an african dictator
in the (un?)fairness of an election
in the gnawing doubts of hearts
in the unspeakable pain of rape
in the cowardess of macho men
in the vulnerability of rain
in the stench of a rubbish bin
in the beer bellies of politicians
in the ting tang of coins in a beggar’s tin
in the hand-outs of bush and blair
in the hype of a multi-billion corruption saga
in the voice of the angry dead
in the solace of drugs, crime and wine
in the hands of a tired mother

to me home is… AFRICA

Friday, March 03, 2006

LOVE POEM

you loved my night away

my body shook & fluttered
like a leaf picked up by the wind
& shot through the air

i became weightless
& you became an anchor

my body shook & fluttered
like a leaf picked up by the wind
& shot through the air

that night we made love
the kind of love anyone can make
and almost no one can…

you loved my night away

Tuesday, February 28, 2006

GEDIG VIR MA

ma

die lied van jou mond
was my klaasvakie
toe ek nie kon slaap nie
en jou oë verskrikvoëls
teen al my nagmerries

wat het jy Hom gevra
wat my vandag nog dra?

ma, ek weet jy maak gereed
vir ‘n sonsverduistering
en ek
vir die val van ‘n herfsblaar

wat moet ek Hom vra
om jou ‘n paar somers te spaar?

ma, mag my gedig
jou hou by my
vir ewig

Monday, February 27, 2006

HULDE AAN SARA BAARTMAN

gebed van sara
(vir die khoisan)

in ‘n land van beskaafdes
jy was as frats ingehok
en moes wag, suster baartman
vir die vloek om weg te gaan:

"Jirre, ek is een van djou tjeeners
maarie mense hille algar sê ek is ‘n goggatjie
moetie lat hille my seer- of doodmakie"

maar as verlange jou byt
kon jy gaan na ‘n beter plek
met jou kaalvoet-gebed:

"Jirre, as djy weer reënbooggoggatjies stuur
om te kô kyk of dit genôg gereentit
sê hille ‘seblief om my te kô haal"

toe ferrus* jou oorskot vanuit
die koue daar anderkant bring
en jou vel die afrika-son voel
het ons hulde gebring:

"Jirre, vindag wil ons trug report –
daar’s niks meer om oor te stry
of te wonner oor vergewe en vergeetie…"

want sara ís vry
sý is vry
sy is vrý

* Diana Ferrus is welbekend vir haar gedig oor Sara Baartman. Haar gedig "Vir Sara Baartman" is gepubliseer in die Franse wet wat spesiaal gemaak is om Sara se terugkeer moontlik te maak.

‘N GEDIG IS 'N GEDIG NET OM 'N GEDIG TE WEES

‘n gedig is ‘n gedig net om ‘n gedig te wees

in die kort tydjie vanaand
– soos ‘n digter van ouds
aangehits deur vergange verlange –
pleeg ek gedigte op gedigte

want wat tel en bly
is verse gemummie op papier
wat met elke koplig en oplig
lig werp op hierdie liefdesgedig

‘n gedig is ‘n gedig net om ‘n gedig te wees –
al wat ek jou kan offer
is hierdie gepleegde gedig