Monday, February 27, 2006

‘N GEDIG IS 'N GEDIG NET OM 'N GEDIG TE WEES

‘n gedig is ‘n gedig net om ‘n gedig te wees

in die kort tydjie vanaand
– soos ‘n digter van ouds
aangehits deur vergange verlange –
pleeg ek gedigte op gedigte

want wat tel en bly
is verse gemummie op papier
wat met elke koplig en oplig
lig werp op hierdie liefdesgedig

‘n gedig is ‘n gedig net om ‘n gedig te wees –
al wat ek jou kan offer
is hierdie gepleegde gedig

1 Comments:

At 5:59 pm , Anonymous Anonymous said...

baie mooi, spreek vir homself.. hou vd eenvoud van jou gedigte, Selwyn- geen pretensies, baie refreshing..

 

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home