Monday, March 06, 2006

LAASTE AAND

laaste aand

die volmaan
hang
aan ‘n vlieswolk
sterre vat-vat aan die dak

noudat jy eindelik slaap
maak jou borsie geluide wat
mens nie verstaan

‘n wolk halveer
die volmaan
elke oomblik ontbloot
‘n krom noot wat
aan en aan gaan –
maar selfs die maan
jaag nie ‘n wolk weg nie –
ter wille van jou
bly dit slaapswaar
soos ‘n winteroggend sonnetjie
in my leë venster
hang

3 Comments:

At 10:31 am , Anonymous Anonymous said...

"'n wolk halveer
die volmaan
elke oomblik ontbloot
‘n krom noot"
pragtige woorde Selwyn- ek hou vd Maan se personifikasie. laat my so 'n bietjie dink aan I.Jonker se 'Toemaar die donker man', wek ook sulke beautiful imagery.

 
At 2:47 am , Blogger Selwyn Milborrow said...

Dankie, Hilda. Ingrid Jonker is een van my gunsteling digters. Ja, imagery is belangrik. Aristotle het gesê "The greatest thing for a poet is to be a master of metaphor: By writing in metaphor, poets give meaning to the world around them."

 
At 6:17 am , Blogger Selwyn Milborrow said...

Ilo en Dignet: Ek is terug na lang tyd van die "lug" af. Die lewe my bietjie ander rigting gevat, maar gaan beter nou. Selwyn

 

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home