Wednesday, March 08, 2006

DANS MET KATRINA

dans met katrina٭
Gëinspireer deur ‘n artikel van Deon Lamprecht, Media24 verslaggewer in Amerika

toe 'n wolkvuis uit die see marsjeer
en om new orleans toemaak
volg sky en cnn se kameras
die vloedgolwe deur strate
van ‘n voorwêreldse moeras

jy het begin plunder en verkrag
jou waardes tot die been ontbloot
want oral dra jy in jou saam
‘n saad van haat en dood

gaan dit ooit tot jou deurdring
hoe ‘n dringende boodskap ek aan jou wil bring?

mensdom, gaan jy ooit leer om my te respekteer?

kyk, ek is die groot gelykmaker –
moedernatuur is my naam.

٭ ‘n Kategorie-vier-orkaan wat New Orleans, Louisiana, Mississippi en Alabama in 2005 getref en tot grootskaalse skade en lewensverlies gelei het.

3 Comments:

At 5:05 am , Anonymous Anonymous said...

This comment has been removed by a blog administrator.

 
At 5:06 am , Anonymous Anonymous said...

'toe 'n wolkvuis uit die see marsjeer' en
'jy het begin plunder en verkrag
jou waardes tot die been ontbloot
want oral dra jy in jou saam
‘n saad van haat en dood'.. dit klink byna bybels, 'n baie liriese ondertoon reken ek- baie goed Selwyn..

 
At 7:58 am , Blogger Selwyn Milborrow said...

Ja, dis nogal bybels, veral laaste koeplet - "ek is die groot gelykmaker..."

Groete, Selwyn

 

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home