Monday, March 27, 2006

ELEGIE VIR 'N DIGTER: PATRICK PETERSEN

elegie vir ‘n digter
(vir Patrick Petersen 1951-1997)


ek is ‘n doodgewone ou
wie die reënboogkleure meng
en ‘n huldeblyk verf
nét vir jou

só swaar om protes en pyn
deur jou pen te voel vloei
tog was dit vir joú
ver verhewe bo vers en kwatryn

noú wil ek jou prentjie skilder
op die doek van die mensdom
wat nooit sal afskilfer

want ál onthou ek
die gehuil van ‘n pen
versteen in ‘n oomblik
toe bloed en metaal meng
weet ek ook jỳ
kon jou oë in vrede sluit
met jou laaste huistoery

٭Patrick Petersen was ‘n dominee, digter en uitgewer. Hy het in ‘n motorongeluk gesterf op 6 Junie 1997.

3 Comments:

At 8:05 am , Anonymous Anonymous said...

pragtige gedig ! Selwyn.. een van my gunstelinge.. die gedig vloei soos 'n enkele-sEding, so mooi afgerond aan die einde. voorwaar 'n huldeblyk.

 
At 1:17 am , Blogger Selwyn Milborrow said...

Ja, dis 'n gedig wat steeds baie vir my as mens asook skrywer beteken.

 
At 1:58 pm , Anonymous Anonymous said...

hallo Selwyn- ek loer so elke dan en wan in, of skryf jy tans vir litnet ;)

 

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home