Monday, March 27, 2006

PROFIEL: SELWYN MILBORROW



Selwyn Milborrow is in 1967 gebore en woon tans in Port Elizabeth, Nelson Mandelabaai, Suid Afrika. Sy eerste kortverhaal is deur die Bloemfonteinse Skrywersvereniging gepubliseer. Vanaf 1998 verskyn sy gedigte in Fanie Olivier se "As die son kom oogknip", "Spilpunt" en "Weaving the Fabric", 'n projek tussen Göteburg, Swede en Nelson Mandela Metropool, Port Elizabeth. Hy bied ook poësie werkswinkels aan by skole en doen gereeld voorlesings. Hy neem sedert 2003 deel aan die Woordfees van die Grahamstad Nasionale kunstefees. In 2005 is hy gekies om deel te neem aan die Sanlam/LitNet aanlyn-skryfskole se poësie afdeling. Selwyn beoefen ook skilderkuns (olieverfskilderye) en het bygedra tot 'n foto- uitstalling deur fotograaf Gregor Röhrig by die Grahamstad Nasionale Kunstefees 2005.
Selwyn is ook korrespondent vir die Afrikaanse dagblad Die Burger.

3 Comments:

At 11:30 am , Anonymous Anonymous said...

tip, goeie idea om op jou profiel te se in presies wat jy interested is (i.e. afrikaans en skryfkuns) sodoende kan ander mense met afrikaanse blogs joune maklik opspoor en inloer.

 
At 4:25 am , Anonymous Anonymous said...

Dankie Selwyn, vir die inloer. Ek hoop dat die donker 'dieptes en dale' waarna jy verwys, die ink sal laat vloei.. Lekker skryf, en loer weer in! Groete,

 
At 8:42 am , Anonymous Anonymous said...

Die koninkryk van die hemele het naby gekom.
God het jou lief. Lees jou Bybel.

 

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home